Ek het 3 dae saam met ‘n groep boere op hul plaas, Swartrivier, net buite Prince Albert spandeer. 

Meneer Jan Loff het my vertel van die 60 bokke wat hulle in sy Oom Theuns Loff se agterplaas aangehou het en hoe die bure daaroor begin kla het. Hulle het toe die Prince Albert Munisipaliteit genader en hulle het in Maart 2006 na die meentgronde, Treintjiesrivier, geskuif. Na ‘n sukses op Treintjiesrivier en ‘n suksesvolle aansoek om grond te kry om op te boer by die staat, het hulle in Oktober 2009 op Swartrivier begin boer.

Ten spyte van ‘n gebrek aan al die nodige infrastruktuur het hulle tydens die drie jaar kontrak bewys dat hulle suksesvol is. Hulle is nou in die proses om ‘n 30 jaar kontrak te teken om Swartrivier by die staat te huur.

Oom Paul Malan is in beheer van die roofdierbestuur program op Swartrivier.

Oom Paul Malan is in beheer van die roofdierbestuur program op Swartrivier.

Oom Freek Migels jaag die dorperskape in die kraal in sodat die lammers getel kan word.

Oom Freek Migels jaag die dorperskape in die kraal in sodat die lammers getel kan word.

Sivuyile Ketshe en Lonwabo Silikidi van die Departement van Grond en Land Hervorming loop saam met meneer Jan Loff, plaasbestuurder en aandeelhouer, rond om seker te maak al die bates wat die staat aan hulle gegee het is nog in werkende toestand.

Nuwe waterpype na die lusernlanderye word installeer.

Nuwe waterpype na die lusernlanderye word installeer.

Freek Migels en sy vrou Mietjie Migels buite hulle huis op die plaas. Hy is die enigste aandeelhouer wat op die plaas bly. "As 'n mens wil kennis he van 'n plaas en soos ek 'n plaas ken in sy area en sy grond, moet jy op die plaas wees sodat jy kan sien wat gaan daar aan op die plaas."

Freek Migels en sy vrou Mietjie Migels buite hulle huis op die plaas. Hy is die enigste aandeelhouer wat op die plaas bly. “As ‘n mens wil kennis he van ‘n plaas en soos ek ‘n plaas ken in sy area en sy grond, moet jy op die plaas wees sodat jy kan sien wat gaan daar aan op die plaas.”