Bettie Fortuin by haar huis.

Bettie Fortuin by haar huis.

Ek het vir Bettie gevra oor haar gevoel oor grondhervorming twintig jaar na demokrasie in Suid-Afrika.
Hierdie was haar antwoord:
“Ek wil nie eers daaroor praat nie Wikus, want my hart is bitter seer. Twintig jaar na die land nou demokraat gewees het. Verstaan. Maar ons sit dan nou net nog daar waar ons sit. Ons sit nog net daar waar ons sit. Wie van ons kan sê: “Ek het my ouma grooitjie se grond terug gekry.” Wie van ons kan sê: “Ek het ‘n stukkie land, dit is my plaas die.” Of wie van ons kan sê: “Ek het ‘n stukkie grond, die stukkie grond het ek so bewerk en ek kan my eie goedjies mark toe ry.” Wie van die kleurling en swart mense kan so se? Min.

As jy hier af gaan in die Swartlande dan sal jy sien die mense het groter gronde. Groot stukke gronde. Maar hier in die Wes-Kaap, hier bo, na die Kaap se kant toe self, ek sien nie dit nie. Wys vir my. Iemand moet vir my kom se ek is verkeerd en dan moet hy my verkeerd kom bewys. Ek sien nie dit nie. Ek sien nie ‘n gewone ongeletterde mens met sy eie plasie nie. Of met sy eie stuk grond sodat hy kan se ek werk vir myself nie. Ek sien nie dit nie met die twintig jaar na demokrasie nie. Ek sien dit nie.”